Die Strandloper Staproete

Pragtige seetonele op die Strandloper staproete. (Fotograaf: Marna Buys)
Die Roete in kort

Die Strandloper staproete is gele naby Keimond (Oos-London) in die Oos-Kaap. Die roete begin by die Cape Morgan Ekotoerismesentrum. Die roete strek oor 4 dae en ongeveer 50km word afgel. Aangesien die roete daagliks deur dorpies gaan, kan n ete by n hotel genuttig word.

Gradering:

Die roete word gegradeer as n roete van gemiddelde moeilikheidsgraad (5.5). Die grootste gedeelte van die roete word op die strand afgel, maar baie strande is met verskillende groottes klippe besaai wat die roete effens moeiliker maak. Daar is drie groot riviere wat deurkruis word, nl die Quko-, Kwelera- en Gonubieriviere. Raadpleeg n getyetabel om die roete te beplan. Neem ook waterdigte sakke saam waarin n rugsak gepak kan word. n 30m ski tou kan ook van hulp wees indien die rivier baie vol is.
Dele van die roete word oor strande met klippe afgel. (Fotograaf: Marna Buys)

Begin en Eind Punt:
Die roete begin by die Cape Morgan Ekotoerismesentrum en eindig by Gonubie. Daar is nie n hut by Gonubie nie. Indien daar oornag wil word in Gonubie, sal daar van alternatiewe verblyf gebruik gemaak moet word. Dit is n eenrigtingroete. Voertuie kan aan albei punte geparkeer word. Daar is ook n shuttle diens wat geskakel kan word om jou terug te ry na jou motor. Hierdie inligting word deur die besprekingsbestuurder beskikbaar gestel wanneer jy bespreek.

Kostes:
R450 per persoon vir die hele stap.

Roete opsies en afstande:
  • Dag 1: Keimond tot Double Mouth (7km)
  • Dag 2: Double mouth tot Cape Henderson (15.5km)
  • Dag 3: Cape Henderson tot Beacon Baai (13km)
  • Dag 4: Beacon Baai tot Gonubie (14.5km)
  • Sonsopkoms oor die strand is altyd n fantastiese gesig. (Fotograaf: Marna Buys)

    Groepbeperking:
    n Maksimum van 12 stappers kan per nag geakkomodeer word.

    Akkomodasie:

    3 Hutte waarin telkens 12 persone kan tuisgaan met 10cm ho-digtheid matrasse.

    Double Mouth hut:

    Die hut het stapelbeddens. Die karavaanpark by Double Mouth se ablusiegeriewe is beskikbaar vir gebruik van die stappers heerlike warm water. Braaigeriewe is beskikbaar. Geen elektrisiteit beskikbaar.

    Cape Henderson:

    Die hut het stapelbeddens. Geen stort beskikbaar by Cape Henderson, daar is egter n rivier om van die ergste vuilheid ontslae te raak. Geen spoeltoilet, maar n pittoilet is beskikbaar. Geen vuur mag gemaak word by Cape Henderson nie. Geen elektrisiteit beskikbaar nie.

    Beacon Valley:

    Die hut het stapelbeddens. Koue water storte beskikbaar by Beacon Valley. Spoeltoilet beskikbaar. Braaigeriewe beskikbaar. Geen elektrisiteit beskikbaar.
    Die kruising oor die Gonubie-rivier. (Fotograaf: Elani Buys)

    Klimaat:
    Die beste tyd om die roete te stap is tussen Februarie en Mei aangesien dit warm en windlose dae is. Die renseisoen is vanaf November tot April. Gedurende die Winter kan die dae heerlik warm wees, maar die nagte is koud. Die wind is geneig om nogal te waai gedurende die Winter. Let op na die tye waarop die son op- en ondergaan (veral gedurende die Winter), aangesien dit mens se staptyd per dag verkort.

    Besprekings:
    The Reservation Manager
  • Webwerf: www.strandlopertrails.org.za
  • E-pos:strandloper@net4u.co.za
  • Telefoon/Faks nr:+27 (0)43 841 1046
  • Posadres: P.O.Box 86, Kei Mouth, 5260, South Africa
  • Foto Gallery:

    Deur: Marna Buys 09-02-2010

    NUUS:
    Nuut bygevoeg:

    -Kyk gerus na ons eerste Rooimier baadjie. Bestel gerus.

    -Die Tsitsikamma staproete
    -Pak jou sak.